Susan Pienaar beantwoord ‘n paar vrae

Susan Pienaar, skrywer van September se boek van die maand Onbeteuelde liefde, het so ‘n paar vrae oor haar liefdesverhaal beantwoord:

susan-pienaar

  1. Waarom het jy besluit om jou heldin in Onbeteuelde liefde, Isabella Santarelli, half-Italiaans te maak? Is daar iets van die Italiaanse kultuur wat jou aantrek?

Die raamwerk en karakters en my plot was uitgewerk voor ek met navorsing kon begin het. Isabella is ’n beroemde model en vir die verhaal om te kon werk, moes sy vir ’n paar jaar lank nie in Suid-Afrika kom kuier het nie.

In my navorsing oor die modewêreld in die buiteland het ek ontdek dat Italiaanse modelle van die gewildste ter wêreld is.

Hul kultuur: Italianers is meestal vurig en passievol, net soos Isabella.

  1. Die grootste gedeelte van jou verhaal speel egter in die Vrystaat af. Jy het self lank in Bethlehem gebly. Vind jy die omgewing bekoorlik?

Die Vrystaat se oop ruimtes en stilte lê my na aan die hart. En die kosmos! Bethlehem is eintlik deesdae ’n moderne stad.

  1. Vertel ons ’n bietjie van die navorsing wat jy moes doen oor opleidingskampe vir perderuiters en oor die teel van renperde, die agtergrond waarteen hierdie liefdesverhaal afspeel.

Navorsing is vir my die heel belangrikste element en word eerste gedoen voor ek daadwerklik kan begin skryf. In Suid-Afrika en Namibië is daar heelwat boere wat met Arabier en ander volbloedperde teel, dus moet my feite 100% korrek wees. Wat sou ons sonder Google gedoen het? En die Landbou-weekblad! Ek het darem ook met mense gesels wat met boerperde teël en daelange langafstand-uithouritte  in groepe aflê.

  1. Het jy self so ’n bietjie op jou held, Nicholas Burger, die renperdteler, verlief geraak? Hoekom?

O, beslis!  Nicholas is ’n perdeteler, veearts en suksesvolle sakeman met deursettingsvermoë – als dinge wat ek hoog op prys stel – en daarby is hy ook hartbrekend aantreklik. Sy behulpsaamheid en geduld en respek waarmee hy Isabella se  ietwat langdradige pa behandel, is een van die baie redes hoekom ek saam met Isabella op Nicholas verlief geraak het.

  1. Jy skryf vir die Satyn- sowel as die Hartklop-druknaam. Verskil jou benadering wanneer jy vir die verskillende drukname skryf? Hoe verskil dit?

My benadering verskil nie radikaal nie . . .  Satyn- sowel as Hartklop se verskillende beroepe word gebruik om spanning tussen die held en heldin se fisiese aantrekking, verskillende opinies en argumente deur te vervleg. Dokters en veral chirurge het soms tot 13 jaar of langer studeer, met min slaap klaargekom en sit met duisende rande studieskuld wat afbetaal moet word, dus het hulle oor die algemeen ’n chip op die skouers. Hulle verdien hul outoriteit en geld en status.

  1. Laastens, maar nie die minste nie: Watter boeke lê op die oomblik op jou boekrak?

O jitte, ek het drie yslike volgepakte boekrakke. Ek lees wyd. Op my spieëlkas lê Afrikaanse en Engelse boeke wat ek onlangs aangeskaf het en nog sal lees. Op die kassie langs my bed is daar: LEEF uit die KRAG van GOD deur Solly Ozrovech. My Bybel. Gone Girl deur Gillian Flynn. The Fountainhead deur Ayn Rand.


Onbeteuelde liefde deur Susan Pienaar was NB-Liefdesverhale se boek van die maand in September!

Lees meer oor hierdie boek

Koop dit nou! Takealot | Loot | Reader’s Warehouse | Leserskring | Amazon Kindle

 

 

 

Nuut hierdie maand: Annelize Morgan Omnibus 7

Drie van Annelize Morgan se beste verhale verskyn vandeesmaand in ‘n splinternuwe omnibus: Annelize Morgan Omnibus 7

annelize-morgan7In ’n Sluier vir Shahira word Isabelle Deneuve deur seerowers na Arabië weggevoer en as slavin aan die wrede sjeik Salem Khidr verkoop. Sy aartsvyand, sjeik Xavier Jarad, raap haar egter voor sy neus weg.

In Melktert en kaviaar droom liedjieskrywer Emma Steyn daarvan om haar eie liedjies op die verhoog te sing en Xander Vermeulen, die eienaar van ’n musiekmaatskappy, wil help. Maar haar eks, die sanger Ingo, kan als beduiwel.

In Liefde sonder hawe bring Isabeau sewentien jaar van haar lewe op ’n seerowerskip deur terwyl die hoop vervaag dat sy haar jeugliefde weer sal sien. En dan verskyn seerowerjagter Armand du Bois op die toneel.

Oor die skrywer:

Annelize Morgan is ‘n ou hand wat liefdesverhale betref. Sy het meer as 40 titels agter haar naam en is bekend vir haar verhale vol spanning en intrige wat in die woestyn afspeel. Sy en haar man woon op Mosselbaai en is voltyds betrokke by ‘n privaat uitgewery.

 

Koop dit nou! CNA | Raru| Amazon Kindle | Takealot

Lees uittreksels uit die eerste twee boeke in Elsa Winckler se Satyn-trilogie

Liefde deur ‘n lens is die derde liefdesverhaal in Elsa Winckler se Satyn-trilogie.  Die eerste verhaal, Om Amelie se tafel, het in 2014 verskyn en die tweede een, Liefde in laslap, in 2015.

Hier is ‘n kort uittreksel uit die twee laasgenoemde liefdesverhale om jou geheue bietjie te verfris, of om jou nuuskierigheid te prikkel mits jy hul nooit gelees het nie:

Om Amelie se tafel cov

 

Uit: Om Amelie se tafel

Toe Amelie buite in die portaal voor die hysers kom, doen sy wat sy wou doen vandat sy die e-pos oor die simpel spanbou-ding gekry het. Sy lig haar voet en stamp dit op die grond. Hard.

“Aargh!” protesteer sy gevoelvol. Die portaal is leeg en vir ’n oomblik gee sy haar oor aan die frustrasie wat in haar opborrel.

Vies gooi sy haar poniestert oor haar skouer en draai vinnig om in die rigting van haar kantoor, wat ’n entjie laer af in die gang is. Maar haar pad word versper deur ’n baie breë, manlike borskas. Haar momentum laat haar nie

betyds toe om te stop nie, maar twee sterk hande vou om haar arms en keer dat sy teen die man vasloop.

Verbouereerd kyk sy op. ’n Paar bruin oë glimlag af na haar. Sy raak stil. Elektrisiteit kraak in die lug. Hy los haar arms. Haar asem raak weg, die lug om hulle is roerloos.

Voor haar staan die aantreklikste man wat sy nog ooit gesien het. Die hysbak gaan geruisloos agter hom toe. Hy moes uitgestap het terwyl sy haar frustrasie op die vloer uitgehaal het. Hy is ’n mengsel van Brad Pitt, die Camel Man en . . .

Sy sug amper. Nee, niemand anders lyk regtig soos hy nie.

Haar oë gly oor hom. Sy bruin hare is lank, agteroor gekam en krul laag af in sy nek. Sy stoppelbaard is ’n dag oud, as sy moet raai. Maar dis sy gespierde boarms en bolyf waarnatoe haar oë bly dwaal. Onder die spierwit hemp wat hy aanhet, beweeg sy boarmspiere. Gefassineerd hou sy hulle dop.

“Dink jy jy is nou ontslae van al jou frustrasie?” vra die man geamuseerd en Amelie voel hoe ’n gloed oor haar gesig versprei.

“Dit lyk asof jy baie ingehoue aggressie in jou het,” sê hy kamma ernstig, maar die duiweltjies dans in sy oë.

Amelie vervies haar vir die groot vent. Geïrriteerd tree sy terug en lig haar ken. “Jy is in my pad,” grom sy en stap verby hom, haar kop in die lug.

Agter haar lag hy. “Wil jy nie jou voet net weer so stamp soos netnou nie? Ek het nog net my suster se tweejarige dit sien doen. Dit lyk heeltemal anders wanneer ’n sexy vrou dit doen.”

Amelie steek in haar spore vas. Sonder om om te draai, tel sy tot by tien soos haar jare in die weeshuis haar geleer het wanneer sy kwaad wil raak. Eers toe sy by tien kom, draai sy om en glimlag. Wel, oukei, sy probeer glimlag.

“Tot siens, meneer . . .”

Hy glimlag en steek sy hand uit. “Chris. Chris Meyer.”

Liefde in laslap_voorblad

Uit: Liefde in laslap

 

’n Motor hou voor haar huis stil, en sy gryp haar sak en voordeursleutels. Sy storm voordeur toe, maak die deur oop en onthou van die poeding wat sy gemaak het. Sy draf

weer terug kombuis toe. Amelie wil nooit hê sy moet iets saambring nie, maar sy moes iets doen om haar nag om te kry. Teen drie-uur vanoggend het poeding maak na ’n goeie

idee geklink.

“Ek kom, ek kom,” roep sy vir Amelie toe sy voetstappe in die gang hoor. “Ek kry net gou die poeding.”

Sy sit die bak in ’n mandjie en draai deur toe. “Jy sal nooit raai wie gister by my opgedaag . . .”

Haar woorde droog op. Dis nie Amelie nie, maar Neethling wat nadergestap kom. En sjoe. Haar hart gaan vrolik aan die huppel. Hy het jeans aan met ’n ligte wit langmoutrui

en lyk ongelooflik, onbehoorlik, onregverdig sexy.

“Waar is Amelie?” vra sy, sommer ergerlik. Sy is nie voorbereid om die vent nou al te sien nie. Sy sou nog die hele ent na Amelie en Chris se huis tyd hê om haar in te stel om hom weer te sien. En nou is hy hier!

“Goeiemôre, Natalie. Chris het gevra of ek jou sal oplaai, hy het Amelie laat laat slaap vanoggend, en nou is sy in ’n flat spin,” sê hy ewe rustig.

Natalie voel dadelik sleg. Sy weet Amelie word tydens haar swangerskap maar gou moeg en gister se rondlopery het sekerlik sy tol geëis. Sy moes seker gemaak het hulle kom vroeër terug.

“Dit was nie nodig om my te kom oplaai nie, ek het vir haar gesê dis julle familiedag, ek hoef nie ook daar te wees nie. Chris kon maar net laat weet het.”

“En sy vrou ongelukkig maak? Dan ken jy nog nie my broer nie. Jy is Amelie se familie, daarom is jy ons almal se . . . wel, Chris se familie ook,” sê hy en vat die mandjie by haar.

Natalie trek aan haar hare wat oor haar skouer hang. Sy sien nie kans om saam met die man in ’n motor te klim nie. Regtig nie.

“Kom,” sê hy en begin voordeur toe stap. “Hulle wag vir ons.”

Neethling stap vinnig by die voordeur uit. Familie, hel. Wat met hom gebeur naby dié vroumens het niks met familie te doen nie. Allesbehalwe.

Vandag het sy ’n gestreepte, lang romp aan. Hoewel dit haar lang bene wegsteek, weet hy presies hoe elke sentimeter van hulle lyk. Die groen toppie wat sy daarby aanhet, vou sag om haar bolyf en laat haar oë soos smaragde blink. Anders as gewoonlik, is haar hare vandag los, en sy vingers jeuk om daaraan te raak. Bliksem. Dit gaan ’n baie lang dag wees.

Hy maak vir haar die motordeur oop, wag dat sy inklim en dis eers toe hy omstap na die bestuurderskant dat hy onthou hoe klein die ruimte in die sportmotor van hom is.

Teen die tyd dat hy in die hoofpad glip, is hy deurtrek met haar geur. Hy draai sy venster halfpad oop, maar dit help nie. Hy trap die petrolpedaal in. Sy gryp die sitplek vas, en met ’n onderlangse swets lig hy weer sy voet.

Dis doodstil die hele ent pad tot voor Chris en Amelie se huis, maar dis asof hulle op ’n ander vlak kommunikeer. Hy weet sy is net so ongemaklik soos hy; hy weet sy is onrustig oor wat sy voel; hy is bewus van elke asemteug dat sy neem, elke beweging wat sy maak.

Teen die tyd dat hulle stilhou, is sy enigste drang om haar nader te trek, sy vingers deur haar hare te trek en te proe of sy so soet proe soos wat hy dink, of haar lippe so sag is soos wat hulle lyk . . .

Natalie spring vinnig uit en stap aan voordeur toe nog voordat hy sy hande van die stuurwiel afhaal. Hy staar haar agterna en skud sy kop terwyl hy uitklim.

Een ding is in elk geval nou kristalhelder – ’n jaar in ’n ander land het nie gehelp om hom van Natalie te laat vergeet nie. Dis tyd om ’n ander alternatief te oorweeg om haar uit sy gestel te kry.

Vind meer uit oor Liefde deur ‘n lens 

9780624076018---Liefde-deur-`n-lens-covElsa Winckler

Koop dit nou! TakealotBargain Books | CNA | Graffiti | Raru| Amazon Kindle

Omnibusse in Julie: Ena Murray Keur 10 en Melodie Omnibus 1

 

9780624077268---EM-KEUR-10-covEna Murray Keur 10 

Hierdie omnibus bevat drie van Ena Murray se heel beste historiese verhale: In ’n Bruidegom vir Lille vertrek geldwolf Louis Pacquin saam met Lille Jacquard na die Kaap, op soek na haar bruidegom, Philippe Bidault. In Die spookvrou van Santa Catalina kom Juanita de Ramino, oftewel die “spookvrou”, teen boekanier én seerower te staan. En in Bruid uit die vreemde reis Franse edelvrou Jacqueline na die suidpunt van Afrika nadat sy ’n brief van haar verdwene broer ontvang. Is dit ’n lokval wat deur Estienne de Savoye gestel is?

Koop dit nou! Takealot | Bargain Books | GraffitiRaru | Amazon Kindle

Melodie Omnibus 1

Melodie-Omni-1-cov

Drie romantiese liefdesverhale deur gewilde skrywers: In Beenaf bokkie moet diere-aktivis Candy Cilliers vir haar “oom” Fouche Mulder gaan huishou op sy plaas, waar onskuldige bokkies sowaar gejag word! In Hart van die son word Nadia Pretorius in die hof vrygespreek danksy Dewald Duvenhage se knap regsvaardighede. Maar kan sy die trauma van haar verlede afskud? En in Romanse agter die skerms wen Colette ’n naweek saam met Emile – die man wat haar hart voorheen gebreek het.

Koop dit nou! Takealot | Bargain Books | GraffitiRaru | Amazon Kindle

Boek van die maand in Julie – Liefde deur ’n lens

9780624076018---Liefde-deur-`n-lens-covLiefde deur ’n lens deur Elsa Winckler is NB-Liefdesverhale se boek van die maand in Julie!

Wanneer fotograaf Nicola Meyer agter haar kamera skuil, voel sy veilig en in beheer van haar emosies. Tot Francois Olivier haar soen en haar wêreld laat tol. Hy sien die hartseer raak wat sy wegsteek . . . Nicola probeer om met haar kamera afstand tussen hulle te skep. Maar telkens fokus sy op sy groen oë . . . Geen man het al ooit só na haar gekyk nie. Sal Nicola haar verskansing kan laat vaar? En is dit liefde wat sy deur die lens sien?

Koop dit nou! TakealotBargain Books | CNA |Graffiti | Raru| Amazon Kindle