Nuut: Schalkie van Wyk Keur 13

Drie gunstelingverhale deur Schalkie van Wyk verskyn hierdie maand in Schalkie van Wyk Keur 13 :

schalkie-v-wyk13-covIn Môre bring ’n nuwe daeraad kry Lelani Wessels ’n uitnodiging na Huis Daeraad op Stadlerheim wat bewoon word deur Roland Stadler – die donker man met die geletselde gelaat wat hom voorgeneem het om nooit weer lief te hê nie. Maar op ’n dag raak hy aan Lelani se hand en hulle besef albei dat niks ooit weer dieselfde kan wees nie …

In Gevangene van gister is Elfie se pa en Yolande se ma skielik getroud en oorsee vir hulle wittebroodsdae. Elfie en Yolande gaan intussen op Helderwater vertoef. Maar Elfie tref ’n deurmekaarspul op Helderwater aan: Daar is ’n man in die huis wat ewe op sy gemak in die badkamer sing!

En in Iemand soos jy het Elzeri Odendaal het by haar oupa en ouma grootgeword. Toe sy by haar vriendin Sonette in die Karoo gaan kuier en uitvind dat dié haar ma goed ken, word sy met haar verlede gekonfronteer. Om nie te praat van Sonette se aantreklike broer, Arendt, wat haar emosies deurmekaarkrap nie.

Oor die skrywer:

Schalkie van Wyk woon in Johannesburg.Toe sy laas getel het, het daar reeds oor die honderd liefdesverhale uit haar pen verskyn.

Koop dit nou! Loot | Raru | Graffiti | Kobo | Amazon Kindle

Jongste liefdesverhale: Wat die hart begeer, Sag fluister my hart en Geheime liefde

Hallo, liewe lesers, ons jongste liefdesverhale is beskikbaar in ’n oulike nuwe handsakgrootte teen ’n ongelooflike nuwe sakpasprys. Kliek op die skakels onderaan elke boek se beskrywing om jou kopie by een van ’n groot verskeidenheid handelaars te koop. Lekker lees! – Van jou hartsvriendin xxxx

Wat die hart begeer – Amelia Strydom

9780624076681---Wat-die-hart-begeer-cov_finalMienke Langeveldt het ’n tweede kans op die lewe ná sy ’n skenkerhart ontvang.
Sy vind per abuis uit dat die skenker aktrise Sheralize Myburgh was en wil haar dankbaarheid teenoor die wewenaar, Franco, en sy kind, Audrey, bewys sonder dat hulle uitvind wie sy is.
Daar word gegis dat Sheralize se dood nie ’n ongeluk was nie. Mienke is lugtig vir Franco, maar ook sterk tot hom aangetrokke. Is dit sellulêre geheue? Voel sy net wat Sheralize gevoel het? Of is Franco die man wat Mienke wil hê?

Koop dit nou! Takealot | Kobo e-boek | Loot | Bargain Books | Graffiti | Exclusive BooksRaru | Amazon Kindle

Sag fluister my hart – Schalkie van Wyk 

9780624076742---Sag-fluister-cov-_finalAs prinsipale moet Sandri Blanchet haar waardig gedra. Maar toe Marko Waalstra beskuldigings rondslinger, vergeet sy van protokol terwyl die vonke spat. Hy is besorg oor sy susterskind wat met Sandri se halfbroer uitgaan en stel voor hulle moet mekaar beter leer ken ter wille van dié tweetjies, maar Sandri skop teë. Mettertyd sien sy ’n sjarmante sy van Marko. Maar toe ’n anonieme brief Marko se identiteit in twyfel trek, is Sandri nog meer onseker oor haar gevoelens vir hom . . .

Koop dit nou! Takealot | Kobo e-boek | Loot | Bargain Books | Graffiti | Exclusive BooksRaru | Amazon Kindle

Geheime liefde – Malene Breytenbach

9780624076711---Geheime-liefde-cov-_finalToe digter AA Sutherland se verlore joernaal ontdek word, kan PhD-student Diana Malan nie wag om dit te bestudeer nie. Dalk vind sy uit wie die vrou is na wie hy in sy gedigte verwys. Maar ai, die joernaal moet eers gerestoureer word. Boonop daag Sutherland se agterkleinseun, Alex Erskine, daar op en dring aan om dit te sien. Dié fassinerende Skot trek Diana soos ’n magneet aan. Maar hy kuier blykbaar by die beginsellose Beryl, terwyl Diana se eks haar met ’n seer hart wil terughê . . .

Koop dit nou! Takealot | Kobo e-boek | Loot | Bargain Books | Graffiti | Exclusive BooksRaru | Amazon Kindle