Skryf ’n storie

Wou jy nog altyd jou hand aan ’n liefdesverhaal waag? Skryf vir ons jou beste kort liefdesverhaaltjie van maksimum 500 woorde hier onder. Ons sal maandeliks die beste storie kies en die wenner op ons blog en Facebook-blad aankondig. Die topstorie wen ook die jongste liefdesverhaal!

Teken in op die blog en plaas jou verhaaltjie in die kommentaarkassie hier onder. Lekker skryf!

8 thoughts on “Skryf ’n storie

  1. Vrugte vlieë en polka dots…..

    Droomverlore sit Soekie by die venster en uitstaar. Werner was gistraand so romanties . . . “Lyk my Vrugte vliee kan ook verlief raak” ruk Meneer Basson se stem haar terug na die klaskamer. Hy spot haar vandat sy verlede jaar ‘n bril gekry het. “Sê my Soekie, kan hy darem ordentlik vry?” Soekie voel hoe sy bloos en skuif verleë die massiewe bril op haar neus reg.

    Juffrou Le Roux loer by die deur in. “Soekie, kom draai pouse by my . . . en ek sien Werner sit ook vandag en drome droom.”

    Soekie glimlag bly en met dié bars die hele klas uit van die lag. Soekie skuif net af in haar stoel en karring weer met die bril. Pouse breek aan en sy stap na Juffrou Le Roux se klaskamer om haar kostuum vir die konsert aan te pas. Sy vat die kostuum by Juffrou en trek ‘n gesig vir die turkoois rok met groot pers polka dots. “Ag nee Juffrou, moet ek rerig hierdie ding dra?” Juffrou Le Roux gee haar ‘n verontwaardige kyk en sê: “Ja natuurlik, dis die hoe die kostuums gaan lyk.” Soekie het pas die polka dots oor haar kop gegooi of die gebler van Savage Garden se “Truly, Madly, Deeply” basuin in die skoolvierkant.

    Sy en Juffrou storm gelyk op die deur af om te sien wat aangaan. In die middel van die vierkant staan ‘n groot luidspreker en langs dit staan Werner met ‘n mikrofoon in sy hand en hy sing uit volle bors. Soekie is so verwonder oor Werner se openbare verklaring van sy liefde vir haar dat sy nie eens agterkom sy loop voor al die kinders in die turkoois rok met groot pers polka dots nie. Sy stap in vervoering nader aan Werner terwyl hy die laaste woorde van die liedjie sing, sy hand na haar uithou en haar nader trek. Sy hoor nie die giggles van die seuns oor haar polka dots nie, sy sien nie die bewondering van die meisies oor Werner nie skaam is om oop en bloot verlief te wees nie. Al wat Soekie sien is Werner wat breed vir haar glimlag en haar hand styf vashou.

    Meneer Basson se gebulder bring alle gevoelens tot stilstand toe hy hard lag en na Soekie toe wys en sê: “Juffrou Le Roux, ek dink een van jou maanmannetjies het ontsnap en nou kom toor sy ons hoofseun.” Hy kyk na Werner: “Ou seuna, jy’t guts om so voor almal vir jou vuurvliegie te sê jy’s lief vir haar.” Hy stap nader en steek sy hand uit na Werner toe. “Ek is trots op jou seun, Ek het gedink seuns gaan bang wees om na my Soekie te kyk met die groot brille van haar.”

    Werner sit trots sy arms om Soekie se skouers en sê: “ Nee Meneer, ek’s bly dat julle vir haar sulke groot brille gegee het want ek sukkel al van ons eerste skooldag af dat sy my moet raaksien.”

    Liked by 2 people

  2. Monster
    Van een dieetfoefie na die ander. Net om daarna nóg meer gewig aan te sit. Nadat Bernard haar verlaat het, het sy God’s water oor God’s akker laat loop. Dis ’n ewige stryd om oorlewing. Veral as jou naam Lilla Bester is. Banneling in haar eie liggaam. Soos die melaatses van ouds is sy deur die gemeenskap uitgewerp. Sy sien die weersin in hul oë. Intussen is hulle vasgevang in hul eie kettings van kamtige volmaaktheid. Hul omstandighede is net nie so sigbaar soos haar groot lyf nie.
    Lilla proe die bitterheid in haar mond.
    Sy snuif die geur van die gebraaide uie behaaglik in. “Jy is so lief vir gebraaide uie, my lief. Waar’s jy nou?” Skielik oorval ’n intense naarheid haar.
    Sy haas haar en plof langs die toilet neer. Haar ingewande ruk, vloeistof stroom onophoudelik by haar mond uit. Uiteindelik leun sy moeg met haar kop teen die muur. Die suur reuk met die kosreuk gemeng, walg haar. Sy spoel die toilet en gooi ontsmettingsmiddel in. Kruip-kruip sukkel sy tot by die bad om haarself op te hys. Ná wat soos ’n ewigheid voel, sit sy hygend op die rand. In die groot spieël staar sy minagtend na haarself. Die grys sakrok sprei soos ’n tent om haar logge lyf. Die pofwange is in rooi vlekke uitgeslaan, sweet pêrel op haar bolip. Haar goudbruin hare is in wanorde. Dan huil sy. Oor haar lyf, eensaamheid wat haar wil verswelg. “Bernard…”
    ”Jy yl, Lilla Bester. Daar is mooi lyfies daar buite wat by sy image pas.”
    “Jou monster! Groot Lilla kán voel,” praat sy hardop met die monster wat haar aanhoudend teister.
    “Jy sal nêrens kom met selfbejammering nie. Doen iets daadwerkliks.”
    “Wat weet jy van die tweegeveg, hiér?” Lilla klap met haar hand op haar hart.
    Die brandreuk ruk haar tot haar sinne. So vinnig sy kan, haas sy kombuis toe. Rookwalms dreig om haar weereens naar te maak.
    Kieterkat miaau verskrik toe sy die pan by die kombuisdeur uitslinger en dit in die naaste boom verdwyn. Lilla kies koers na die lapa en sak op ’n houtbank neer. Trane loop onbedaarlik oor haar wange. Nee, sy weier om oor te gee aan die groot vet flodder wat haar wil insluk.
    “Ek sal jou wys, jou monster! Vir jou én Bernard. Jy gaan val!” Lilla lag toe sy besef dat sy hardop ’n tweegesprek met die monster voer. Sy wat Lilla Bester is, is mos soos die Woord sê, tot alles in staat.
    Moeisaam staan sy op om die pan met die gebrande kos in, op te tel. Sy trap haar rok vas en val vooroor. Die rand van die swembad tref haar slaap en sy tuimel in.
    “Lilla!”
    Sy moet seker in die hemel wees.
    “My liefling, ek het teruggekom.”
    Lilla se lang oogwimpers fladder oop. “Bernard, is dit regtig jy?”
    “Ja my vrou. Ek gaan nooit weer weg nie.” Hy sak uitgeput langs haar op die gras neer.

    © Wilhelmina Potgieter

    Liked by 1 person

  3. Laat my toe om myself te korrigeer. “Kieterkat miaau verskrik toe sy die pan by die kombuisdeur uitslinger en dit in die naaste boom verdwyn.” Die sin moet soos volg lees: Kieterkat miaau verskirk en verdwyn in die naaste boom toe sy die pan by die deur uitslinger. (Soos wat dit nou lees, klink dit asof die pan in die naaste boom verdwyn.)

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s