About

NB-Uitgewers het in 1998 die Jasmyn-druknaam vir liefdesverhale in die Mills & Boon-tradisie begin. Dit was gou duidelik dat dié genre uiters gewild is! In 2003 is daar naas Jasmyn, wat deesdae meestal vir liefdesverhaal-omnibusse gebruik word, bykomende drukname begin om nis-lesersgroepe te bereik.

Ouer lesers verkies miskien eerder Melodie, waarbinne skrywers soos Schalkie van Wyk en Elza Rademeyer gehuisves word. Die slagspreuk vir Melodie impliseer ‘n meer onskuldige aanslag: “Liefde vir jonk, vir oud, vir altyd” – met ander woorde, leesmateriaal wat geskik is vir tweens sowel as ouer lesers wat moontlik wegskram van ‘n meer kontemporêre benadering tot romanse.

Hierteenoor suggereer die sensuele, speelse omslae van Satyn-boeke dadelik aan lesers dat dié verhale effe meer eksplisiet is. Die slagspreuk “Want die hart het ook begeertes” ondersteep die omslagboodskap. Liefdesverhaallesers is mos wêreldwyd vertroud met dié reël: Hoe meer eksplisiet die foto op die omslag, hoe meer gewaagd die liefdestonele.

Hartklop is weer geskoei op sy Amerikaanse eweknie by Harlequin: dié liefdesverhale het ‘n mediese milieu as agtergrond (let op die groen-blou omslagkleur wat dié tema suggereer) en die skrywers doen deeglike mediese navorsing.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s