Nuutste liefdesverhale: Wanneer woorde onnodig is, ’n Huis vir my hart en Ondersoek my hart

Wanneer woorde onnodig is – Jacolet van den Berg

Toe traumaberader Aria Brink vir Reuben Rademeye9780624075806---Wanneer-woorde-onnodig-is-covr by ’n partytjie ontmoet, wonder sy waarom hy vir haar so bekend lyk. Sy het die uitvoerende hoof van Medline, die hospitaalgroep waar sy haar praktyk bedryf, mos nog nie vantevore teëgekom nie . . . Van een ding is sy wel seker: dat daar onmiddellik ’n sterk aangetrokkenheid tussen haar en dié mooi man is.
Maar dan verskyn sy meisie aan sy arm en dit blyk dat hulle op die punt staan om verloof te raak.
Dieselfde aand is Reuben in ’n ongeluk betrokke en Aria word ontbied om vir hom berading te gee. Skielik onthou sy: Reuben was as student by toe haar suster, Ansu, verdrink het. En Aria het dié groep studentevriende van Ansu, wat haar nie kon red nie, steeds nie vergewe nie.
Aria wil tot elke prys verhoed dat Reuben uitvind wie sy is. Trouens, sy wil niks meer met hom te doen hê nie.  Maar die noodlot gooi hulle telkens saam . . .

Koop dit nou! Bargain BooksTakealot | Takealot e-boekLoot | Raru | Amazon Kindle

’n Huis vir my hart – Dirna Ackermann

Xanthe Patterson kan nie verstaan waarom haar pa die huis op hul 9780624072775---`n-Huis-vir-my-hart-covplasie aan ’n vreemdeling, ene Hanko Joubert, sou nalaat nie. Wat gaan sy met die vent onder haar voete maak? Veral aangesien sy mooi hande haar gedagtes so laat dwaal . . .
Sy kan nie nou bekostig om te dagdroom nie. Haar pa het aan Xanthe sy bou-onderneming nagelaat en sy kan haar lewenslange droom bewaarheid om in die boubedryf te werk. Maar aangesien haar ouers haar vroeër juis uit dié bedryf probeer weghou het, het sy geen benul van hoe om die taak aan te pak nie. Dan kom Xanthe se kritiese stiefma en halfsuster kuier en gaan dit net nog doller.
Vir Hanko kom die erfenis net betyds om ’n nuwe lewe in Suid-Afrika te begin na vyftien jaar in Engeland. Hy sien hoe die mooi groenoog-vrou sukkel en aangesien hy die boubedryf ken, wil hy help. Maar Xanthe laat hom mooi verstaan dat sy g’n man met ridderneigings duld nie.
Sal Xanthe aanhou om met Hanko koppe te stamp, of is hy die man by wie haar hart tuishoort?

Koop dit nou! Bargain Books | Takealot | Takealot e-boekLoot | Raru | Amazon Kindle

Ondersoek my hart – Ilze Beukes

Sedert die dood van haar ma aan kanker, toe Madeli9780624075837---Ondersoek-my-hart-cov.jpge Botma nog maar ’n kind was, het sy ’n vrees vir dokters en hospitale. Toe dokter Ian Duvenhage by haar klaskamer inbars om sy broerskind, Handré, te ondersoek, is juffrou Botma dus hewig ontsteld.
Dit blyk dat Handré tydelik by sy oom bly omdat daar komplikasies met sy ma se swangerskap is, maar die man weet duidelik minder as niks van kinders en Madelie moet teësinnig ingryp.
Sal die aantreklike Ian haar skanse kan afbreek en haar help om haar vrese te oorkom? Daar is immers weer ’n kankerpasiëntjie in haar lewe, haar kunsstudent Sanet, wat Madelie se bystand nodig het.
Maar dan daag ’n ou liefde van Ian op en begin aantygings maak . . .

Koop dit nou! Bargain Books | Takealot | Takealot e-boekLoot | Raru | Amazon Kindle | Kobo

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s